trees Chinese In plantkunde is 'n boom 'n meerjarige plant met 'n langwerpige stam wat gewoonlik takke en blare ondersteun. Volgens sommige enger definisies is 'n boom slegs houtplante met sekondêre groei, plante wat bruikbaar is vir hul hout of plante bo 'n bepaalde hoogte. In wyer definisies word langer palms, boomvarings, piesangs en bamboes ook as bome geag. Bome is nie 'n taksonomiese groep nie, maar sluit 'n verskeidenheid plantspesies in wat onafhanklik van mekaar 'n stam en takke ontwikkel het as 'n manier om bo ander plante uit te troon om vir sonlig te kompeteer. Die meerderheid boomspesies is angiospermae of hardehoutsoorte; baie van die res is gimnospermae of